Typhoon-klas duikboot

Typhoon-klas duikboot
submarine class, Soviet/Russian armament programme
Subklas vanballistiese missiel duikboot, kern-aangedrewe duikbootWysig
Kort naamTyphoonWysig
Vernoem naHaaieWysig
NAVO-kodenaamTyphoonWysig
Voorafgegaan deurDelta III-class submarine, Delta-klas duikbootWysig
Opgevolg deurBorei-class submarineWysig
Land van oorsprongSowjetunieWysig
OperateurSowjet Vloot, Russiese VlootWysig
VervaardigerRubin Design BureauWysig
WapentuigR-39 Rif, Type 53, Type 65 torpedo, RPK-2 Viyuga, RPK-6 Vodopad/RPK-7 VeterWysig
Aangedryf deurOK-650 reactorWysig
OntwerperSergey KovalyovWysig
Profiel van die Typhoon-klas

Die Typhoon-klas duikboot is 'n tipe kernaangedrewe duikboot van die Russiese Vloot wat in die 1980's verskyn het. Daar is tans nog net een in diens. Hierdie klas was die grootste wat ooit gebou is met 'n tonnemaat van 33 787 metrieke ton per duikboot onder die water. Dit is gebou as gevolg van die Koue Oorlog. Die duikbote dra ongelooflike vernietingingskrag aanboord; elk dra 20 langstrek interkontinentale ballistiese missiele wat gesamentlik 200 kernplofkoppe dra met elke plofkop wat op 'n stad in Amerika gerig was.

Die klas was spesiaal toegerus om lank onder die ys te bly en deur die ys te breek, tewens hulle kon deur 3,7 m ys breek. Die duikboot kan maande lank onder die poolys bly. Dit is een van die redes waarom die Britte en Amerikaners 'n groot geskal gemaak het wanneer hulle duikbote ook deur die ys gebreek het. Die duikbote is gebou in die Severodvinsk-skeepswerf by die Witsee naby Archangelsk. Ses is tussen 1981 en 1889 afgelewer, almal het diens gedoen in die Noordelike Vloot. Hierdie duikbote was ongelooflik duur om te onderhou en slegs drie het nog na die jaar 2000 diens gedoen. Een is omgeskakel na 'n opleidingsvaartuig. Die res is geskrap en herwin met die ondersteuning van Amerika soos bepaal deur die Co-operative Threat Reduction Programme. Brittanje het ook met die skrapingsprogram gehelp.

Daar is tans 'n internasionale strategie wat gevolg word om die ou kernreaktors voor te berei vir herwinning of langtermynberging. Internasionaal is die gemeenskap baie besorg oor die veiligheidsrisiko wat weens die roestende rompe ontstaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search